Ek vorder goed, ek het al 3 tande wat mooi uitkom, en een wat net net uitsteek bo. Een van die dae lyk ek soos 'n hasie met my 2 tande bo en onder
Ek het 'n ongeluk by die huis gehad die 20ste April, en my vinger was af waar die nael begin.

Ma en Pa het groot geskrik en my hospitaal toe gevat waar Dokter Kalyan my gehelp het. Die 23ste April het Dokter Kalyan geopereer aangesien die stukkie van my vinger wat af was gevat het oor die naweek. Dit lyk darem asof daar nie te veel skade is nie, my vinger sal effens korter wees en ons sal nog sien of ek 'n nael weer kan groei.

My eerste Paasfees eiers, net jammer ek kan nog nie chocolates eet nie....

My tande is uiteindelik besig om uit te kom. Hier kan jy die boonste een sien wat net net uitsteek