Wednesday, September 26, 2007

 
Pa se beurt is sy beurt. Ma het klaar haar deel gedoen vir nege maande.
Posted by Picasa

 
Aai jy weet, ek moet altyd hier kom regpak! Wie maak altyd so deurmekaar?

Posted by Picasa

 
Aaah, die lekker ou lewe, wie kan nou vir meer vra as 'n lekker rustige sit in 'n badjie, met 'n mens se gunstelling lap om die nek?
Posted by Picasa

 
Oeps! Uitgevang waar ek my klim vaardighede uit probeer


Posted by Picasa

 
As die wiele draai.....dan slaap ek te lekker
Posted by Picasa

 
Koekeloer ek lekker vir die voeltjies buite


Posted by Picasa

 
Los my asb net so rukkie uit sodat ek kan ontspan
Posted by Picasa

 
Check my GROOT bal!
Posted by Picasa

 

Watse goed is die nou wat Ma aan my voete vasmaak? Hmm, wag 'n bietjie, dit loop nogal lekker......
Posted by Picasa

 
'n Dag na my verjaarsdag het ek maar besluit om te begin loop, hierdie kruipery is te stadig. Nou dat ek meer mobiel is, kan ek lekker kattekwaad aanjaag. Volgende, is om daai motorfiets te bemeester


Posted by Picasa

 
Jis!! Ek laaik hierdie DVD!!
Posted by Picasa

 

Ek het 'n opvoedkundige DVD gekry vir my verjaarsdag, wat saam met my hondjie werk, die hondjie praat selfs saam!! Ek hou baie daarvan, en soos jy kan sien hou dit my baie besig

Posted by Picasa

 
My eerste verjaarsdag partytjie. Lyk daai koek nie lekker nie? Ek het hom self uitgekies, dit was moeilik, want ek wou ook 'n "Cars" koek gehad het....


Posted by Picasa

 
Ons het lekker gaan kuier by die voelpark, ek was mal oor die hasies, en al die ganse, asook die volstryse. Hou my net weg van die varke af asseblief, ek vertrou daardie klomp niks nie.


Posted by Picasa

This page is powered by Blogger. Isn't yours?