My naam is Riaan Willemse en ek is die 26ste Junie 2006 gebore in Richardsbaai. My Pa het daarop aangedring dat ek my eie e-pos en webtuiste het, dit mag dalk 'n rekord wees aangesien ek net 7 dae oud was.
Tuesday, December 26, 2006
Kruip oefen sessies
Ek hou gereelde sessies op die bed sodat ek hierdie kruip ding kan leer, ek sukkel net om my bene en arms te kry om dieselfde tyd te werk, hulle wil nie so lekker luister nie. Soos hulle se, aanhouer wen, ek sal maar nog oefen