My naam is Riaan Willemse en ek is die 26ste Junie 2006 gebore in Richardsbaai. My Pa het daarop aangedring dat ek my eie e-pos en webtuiste het, dit mag dalk 'n rekord wees aangesien ek net 7 dae oud was.
Tuesday, December 26, 2006
Lekker by die See
Hier is my eerste keer by die see! Dit was bietjie warm en winderig toe skuil ons maar op die gras rond. Dit was nie baie opwindend nie, toe slaap ek maar so bietjie.